24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.08.2010

Tragies, maar laat haar dood nie vergeefs wees nie

Anoniem skryf:
 
Ek wil graag my mening lug oor die tragiese en hartseer dood van Magdalena Stoffels. Ek is self nog ’n tiener, 19, en dit het aan my geruk en gee my slapelose nagte, want dit kon ek gewees het.

Haar dood was nie nutteloos nie, want Namibië het as een opgestaan en sy stem dikgemaak, maar dit versag of verminder nie die pyn wat haar familie en vriende deurgaan nie. Hul harte is gebreek en dit nog op so ’n wrede en hartelose manier.

Ek as ’n tiener stem saam met die feit dat die doodstraf terug gebring word. Die Bybel sê ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand, en daardie man verdien dit.

Dit lyk geensins asof hy enige berou het vir wat hy gedoen het en hy weet waarmee hy besig was, het dit dalk nog beplan. Ek het min kennis van hoe Namibië sy sake hanteer of hoe die wet afgelê word, maar ek weet dat ons as die burgers soms of selfs meestal baie teleurgestel word deur ons wet en hoe dit hanteer word.

Hoewel dit nie haar dogter sal terugbring nie, gaan dit haar pyn minder maak as sy weet haar enigste dogter se moordenaar het gekry wat hy verdien en dat haar dogter se dood verandering in ons land gebring het. Dit is tyd vir drastiese verandering!