11.03.2010 Sy soek na ou vriende
EK sal vreeslik graag wil weet of Antoinette de Chavonnes-Vrugt se man, Chris, in die weermag was te Omuthiya en Tsumeb gedurende 1979 en 1980. Ek was groot vriende met ‘n Chris de Chavonnes- Vrugt en as ek reg kan onthou, sou hy vir tandarts gestudeer het. Ek sal dit waardeer as iemand my sal laat weet, want ek sal daarvan hou om te hoor hoe gaan dit met almal.
|