6.08.2010 Stelsel faal vroue en jong meisies
Andeline Kloppers skryf:
Die gruweldood van Magdalena Stoffels dwing opnuut die vraag oor geweld teen jong meisies, kinders en vroue in die ope. Meer as een-en-twintig jaar na onafhanklikheid en lank na diskriminasie wetlik opgeskort is, is die vrye beweging van jong meisies, kinders en vroue steeds nie verseker nie en ver van ’n reg.
Die vraag wat telkens opkom en wat ook deur die moeder van Magdalena refrein word is: hoekom? En voor wie se deur moet die skuld gelê word?
As vroue en jong meisies word ons gefaal deur ’n sisteem wat nog te sterk patriargale regte voorhou juis omdat ons beskerming nie voorrang op die prioriteitslys van politieke agendas geniet nie.
Die versekering van vroue, jong meisies en kinders se veiligheid is “long overdue!”, en soos die gemeenskap gister, skreeu dit in my: “NO MORE!” Hoe lank sal dit nog neem – hoeveel lewens moet nog ingeboet word – voordat besef sal word dat die prys van ’n lewe nie teruggekoop kan word nie?
Om agterna te sê “sorry” is eenvoudig nie goed genoeg nie. Magdalena se dood is ’n sinlose dood wat weereens die owerhede uitdaag tot dringender optrede.
|