24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2012

Spoedwalle asseblief

Anoniem skryf:
 
EERSTENS wil ek graag vir sommige inwoners van Swakop sê dat daar nie meer ’n robot op die hoek van Welwitchiastraat is waar ’n pyltjie aangedui het dat jy links kan draai na die munisipaliteit se kant of wanneer jy van die dorp af kom, links kan draai in Welwitchiastraat (soos dit in die verlede was nie) al is die robot rooi!

Daar is nou ’n nuwe robot so moet asseblief nie meer op jou toeter lê of jou ligte flikker as die robot rooi is nie, want jammer jong, jy mag nie meer sommer net draai nie!! Tweedens wil ek graag verneem vir hoe lank Tsavoritestraat nog as ’n renbaan gebruik gaan word, aangesien die helfte van Dr. Schwieteringstraat toe is en daar geen aktiwiteite huidig plaasvind nie.

Al die inwoners van Myl 4 gebruik nou Tsavoritestraat, maar glo my dit klink soos Kyalami van halfses in die oggend tot laataand en naweke sommer deur die nag. Praat nie eens van die persoon met sy 4-wiel motorfiets wat hy ook voet-in-die-hoek die straat afjaag nie. Kan die verkeerspolisie dalk uithelp? Of kan die munisipaliteit vir ons ’n paar “speed-humps” organiseer? Ek vra maar net.