24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Sperstrepe is betekenisloos

Ursula skryf:
 
MET skok beleef ek nog steeds daagliks die roekeloosheid van bestuurders op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund. Saterdag tussen 16:30 en 17:00 was dit weer sulke tyd toe die roekelose bestuurder van ’n GRN-voertuig teen sperstrepe, voor blinde hoogtes, by minstens vier voertuie verbygejaag het.

Ek het die spoed van 100 km/h gehandhaaf, maar ek moes letterlik van die padskouer afry om vir die bestuurder in die GRN-voertuig plek te maak om voor my, agter ‘n groot vragmotor, in te druk. Indien ek nie van die pad afgery het nie, was dit beslis ’n trompop- botsing.

Ek het hom toe dopgehou nadat hy heel onverskillig by die vragmotor ook verbygejaag het op die sperstrepe by Langstrand. Daarna is hy by nog drie ander voertuie verby, waarvan twee ook teen sperstrepe was. Ongelukkig kon ek geen foto’s neem nie, aangesien ek alleen in die voertuig was en my selfoon in my handsak.

Ek was ook so geskok dat ek sekerlik nie kans gehad het om nog die selfoon uit te haal en ’n foto te neem nie. Gee my asseblief raad. By wie en waar kan ons sulke roekelose bestuur aanmeld, veral omdat ek nie bewyse het nie.

Gelukkig het ek getuies, aangesien een van die bestuurders vir wie hy ook van die pad afgedruk het, saam met my by die geleentheid op Swakopmund was en toe ek vertel van die padvark, het sy dadelik beaam dat dit met haar ook gebeur het.

Ek wonder of daardie man familie het en of hy dalk nie meer lus vir die lewe is nie en nou maar ons belastinggeld wil gebruik om ‘n einde aan alles te maak.

Dit is per slot van rekening ons belastinggeld wat die voertuig gekoop het, in stand hou en nog brandstof moet betaal. Waar was hy in elk geval op pad heen op ’n Saterdagmiddag, in ‘n GRN-voertuig?