2.09.2010 So bly ons op die hoogte
Monica Thomas skryf:
EK waardeer hierdie koerant want ’n mens verbeel jou net nie oor die dinge of nuus wat plaasvind nie, maar dit kan gelees en gesien word.
Ek het byvoorbeeld Magdalena Stoffels se hele storie, die roudiens en begrafnis op die video’s gesien. Dis baie belangrik, veral vir ons wat in die buiteland is om presies te lees en sien wat by die huis (Namibia) aangaan.
Ek is baie trots op Republikein. Hou so aan met julle se harde werk, dis baie goed.
|