Stel ons aan, of...
Wat het geword van die aanstelling van mayors. Ons lewe soos honde, geen voordele soos car, housing, pension. Cde Ekandjo, wake up. Don’t force us to corruption plz. – ’n Permanente burgemeester
Ontevrede oor borg
Ek wil weet hoekom die Regering (sic) iemand wat moord gepleeg het borg gee om verder te gaan studeer net omdat hy met hoë punte deurgekom het. Ons seun van 15 jaar is op Oujaarsdag ini oggendure doodgesteek en die 2 wat na bewering die daad gepleeg het, is op vrye voete op borg van N$3 000 elk omdat hulle moet gaan studeer. Wat van ons wat ’n seun verloor het? Is ons kind se lewe niks? Die een was al uit op borg toe hulle ons seuntjie kom doodgesteek het.
[Beste leser, howe het die diskresie om borg toe te staan of nie, en volgens ons Grondwet is elkeen onskuldig tot die teendeel bewys is. – Red.]
Grondpryse
Die Ministerie van Grond en Hervestiging sê in Maandag se koerant hulle het klaar besluit dat ’n persoon nie twee vaste eiendomme in dieselfde plaaslike of streeksowerheidsgebied mag besit nie. Dis loutere twak. Wat wil ons Regering nou doen? Mense mag nie strewe na rykdom en geluk nie. Ek raak 28 en besit klaar ’n townhouse. So ek mag nog net een eiendom koop in my lewe. Belaglik.
GIPF se diep sak
Ek lees hoe sterk GIPF se fonds finansieel is, maar ons pensioenarisse sukkel om kop bo water te hou met karige maandelikse pensioene. Ons Khomaslede van NAPAN versoek alle lede in die land om saam te veg dat ons verteenwoordiging op die raad van direkteure kry. – GJ Jansen, adjunkvoorsitter, Khomasbestuur
Hage misbruik
Dr. Hage Geingob, wanneer gaan jy besef hulle het jou genoeg gebruik? Kan jy nie nou al besef nie?
Woorde wek, voorbeelde trek
Ek stem met “Hou op kla”. Ons sien wat rondom ons aangaan, ma sit hande gevou. Mense in ander lande staan op vir hul regte. Hou op ons hostage hou oor dinge wat buite ons beheer was en steeds is. Links en regs word geld gesteel en mense kom weg daarmee in Namibië, die land van korrupsie, bedrog, moord, verkragting, lui en arrogante amptenare, onbevoegdheid. Ag, almal weet wat als. Staan op en laat ons veg vir ons regte met massaoptogte. Hou op vergaderings hou, want jul bereik niks. Ons kinders studeer, ma kry nie werk nie. Apartheid. Ek vat my buurt en werf en staan op.
* * * * * * * * * *
Kiessaak: Die mense van die Suide moet sien en nie blind raak of omgepraat word as die verkiesing kom nie. Groot getalle het die ruling en opposisiepartye gekry in die Suide en nou is al die partye stil tot next time. Al die groot lorries moes net tot op Keetmans ry en verder die Namibiese lorries na die ander dorpe. Lüderitz-spoorlyn word nooit klaar nie. Die belangrike Noorde-spoorlyn moet eers aandag geniet. Noorde se mense moet by die myne en visfabrieke werk kry en mense van die Suide krepeer. Dan moet ons vir hulle gaan stem? Die verkiesingshofsaak het dalk die waarheid wat baie Namibiërs nie moet hoor nie.
Pro-aborsie
Die wat so gekant is teen wettige aborsie: As jy verkrag word, sal jy so ’n kind wil dra? Ek dink nie so nie. As jy wil, is dit jou saak. Wie gaan al die babas grootmaak; kos, geleerdheid, klere, medies gee? Stig so ’n sentrum en kyk of da genoeg fondse gaan wees. Elke mens kan sy eie besluite neem. Moenie oordeel nie. Die meisie ly genoeg weens die trama wat sy deurmaak.
* * * * * * * * * *
Die jong mense mt ophou kinders kry en op hul arme ouers afsmeer. Dan moet hulle vir daai kindertjies sorg met daai N$500. Kry julle nie skaam nie? Hou op as julle nie die arme kinders kan onderhou nie.
Polisie
Ek wil hê die mense wat Donderdag op Groot-Aub gevang is met dagga moet die polisie gaan wys by wie hulle dit koop. So sal hulle wat verkoop mekaar later uithaal. Hierdie is die grootste euwel op Groot-Aub.
* * * * * * * * * *
Terwyl ons slaap kom stamp ’n verkeerskonstabel van City Police my kar agter. Hy moes vorentoe ry, maar laat loop die bakkie agter toe. Is die bakkie onpadwaardig, want hy sê die remme is onklaar. Of kan hy nie bestuur nie? Toets julle patrolliekare en die beamptes voor hulle op patrollie gaan, want hy is ’n gevaar vir die publiek.
Nuwe banknote onnodig
Waarom nuwe note met ’n ander foto? Verbeter liewers die kwaliteit van die huidige note. Moet asb nie Mandela met ander vergelyk nie, want hy is in ’n wêreldberoemde klas van sy eie.
Pampoen swaarder as Bakkies
Mnr. Von Wielligh, is die pampoene te koop? Belangstellende inwoner van Otjiwarongo
Wil ook nie hyg
10 uit 10 vir kales nie meer in die oog.
Gesondheidsdienste
Help ons arme staatspasiënte asb. Staatsdokters op Walvis skeep ons so af, luister nie na jou klagte nie, vat daai paspoort, skryf Panado voor en dis klaar. Moet ons soos honde doodgaan omdat ons nie medies het en ’n ordentlike dokter kan bekostig nie?
* * * * * * * * * *
As Karasburger voel ek Minister Kamwi moet besoek kom aflê. Die hospitaaldiens is baie swak. By die ontvangs moet jy kom wag, want die verpleegters is altyd uithuisig.
Onderwys
Ai, van die onderwysers darem. Bedank en wag vir die pensioen om lekker vakansie te hou. Nog voor hulle dit kry, het hulle alweer ’n ander pos. Lekker. Die Ministerie moet hierna kyk. Dis nie regverdig teenoor onnies wat regtig wil skool hou nie.
* * * * * * * * * *
Onderwysers en sekretaresses by skole op plase, dit is ’n guns wat die skoolhoof julle bewys om julle lift te gee. Dis nie hul plig nie. Dit lyk die hoof is verantwoordelik vir julle en dan is daar die wat nie eens vir die lift wil betaal nie. Word wakker. Petrol is duur en karre ook. Hou op hoofde beswadder as jy nie lift kry nie.
* * * * * * * * * *
Usakos hostel, watse toormag is dit wat nou al jare aankom. Die arme leerlinge, werkers en onderwysers het slapelose nagte. Kan die eienaar van daai toormag nie tot God bekeer en God vrees nie?
* * * * * * * * * *
As daar nou ’n skool is wat sy leerlinge motiveer om hard te werk, dan is dit St. Andrews. Mr Keja, dankie vi daardie toekenningsertifikate wat jy gee vir elke toets wat leerlinge skryf. Dit maak my hart bly om te sien daar is nog onnies soos jy. Ek en my seun geniet dit, want ek help hom deur vrae te vra en as hy sy uitslae kry is dit tussen 95 en 100%. Dis lekker om ’n ouer van St. Andrews te wees.
Dorpsake
Ek stem saam met die leser van Karibib. Hier gaan absoluut niks aan nie. Hier is geen ontwikkeling op hierdie dorpie nie.
* * * * * * * * * *
Bestaan daar nog ’n Anti-Korrupsiekommisie in Namibië? Laat hule asb kom kyk wat gaan by die tender board op Gobabis aan.
* * * * * * * * * *
Gibeon Village Council, hoe lank moet ons nog wag vir die huise wat apparently moes gebou gewees het? Hoe lyk dit dan asof Gibeon nooit sal opkom nie?
* * * * * * * * * *
Aranos, kan julle nie sien die paaie is so sleg dat ons nie kan ry nie? Is julle net vir die politiek? Gee die mense werk asb.
* * * * * * * * * *
City police asb. Op hoeke van Gevers en Gloudina is agentborde en bosse so in die sig mens bid maar daar kom nie verkeer nie.
* * * * * * * * * *
Rehoboth Town Council, ons kan die rioolwater se reuk in Blok C nie uitstaan nie.
* * * * * * * * * *
Kan die munisipaliteit nie die pad in Rietfonteinstr. Kleine Kuppe (verby animal farm) regstel met speed bumps of iets nie? Al ry jy 20 k/u sien jy nie voertuie wat uit cul d sac by Khaichabstr. kom nie, die onderste draai is net so sleg. Asb. Pad baie onveilig.
* * * * * * * * * *
Kan Rhb munisipaliteit nie plan maak met die teerpad voor Dr. Lemmer nie? Hulle sien tog hoe lê die water in die pad as dit reën en nie almal het karre nie en as jy loop word jy natgegooi deur die padvarke. En dan geniet hulle dit nog ook.
* * * * * * * * * *
Swapo-hoofkantoor, u beslissing sal die toekoms van die party op Kalkrand bepaal of red. Behou die 3 Swapo Councillors en hul CEO en verloor honderde lede. – Bekommerde Kalkrander
* * * * * * * * * *
Kan Aub kragplek nie geskuif word lat jy 24 uur krag kan koop nie?
* * * * * * * * * *
Haaikprys tussen RHB en WHK. Moenie as u geldgierig is namens ons almal praat nie. Sommige van ons gebruik ons se besittings tot verheerliking van die Here. Laat elke motoreienaar besluit hoeveel hy/sy gaan vra.
* * * * * * * * * *
Jy wat sê die hike prys styg na N$30, hoekom daal julle nie ook as die petrol daal nie. Jy wil seker weer karpaaiement betaal. Moenie arme mense wil uitbuit nie. Jy kan maar vir jou passasiers kry van N$30.
Arbeid
Hoekom is dit so ’n probleem vir ons wat graad 10 het om werk te kry? Net graad 12 word gesoek. Ons kan en wil baie graag werk en ons het daai werk nodig. Gee tog vir ons ook ’n kans asb en adverteer poste waarvoor julle graad 10’e soek. Ons is baie hardwerkende mense.
* * * * * * * * * *
Aan al die base: Weet julle hoe voel dit om 30 dae van die maand in son, wind en reën te werk en jou vrou en kinders moet wag tot jou baas se motors klaar betaal word en hy dan eers die krummels vir sy werkers gooi? Pas op. Ons gaan begin optree en dan gaan die poppe dans.
* * * * * * * * * *
Huishulpe: Die geleerde werkgewers moet ophou kla. Daai wat kla is daais wat hulle se werkers min betaal en baie werk het. Ek het graad 10, maar ek doen huiswerk, so moenie ander mense ongeskoold noem nie.
* * * * * * * * * *
’n Werker bly ’n werker. Behandel net jou werknemer reg.
* * * * * * * * * *
Ek werk nou al vir twee jaar, inslaapwerk vir N$1 000 ’n maand. As my werkgewer naweke iewers heen of gaan uitwerk, maklik vir ’n week, moet ek sien kom klaar sonder kos. Werk op my honger maag elke dag. Ek is ook nie eens geregistreer nie. Is ek nou ondankbaar of word alle huishulpe so behandel?
* * * * * * * * * *
Sal werkgewers asb omsien na hul huishulpe en wegdoen met die N$500 tot N$1 000 wat hulle kans sien om te betaal en daaraan dink dat hulle die mense goed behandel. Veral die werkgewers van Oranjemund.
* * * * * * * * * *
Sekuriteitswagte: Jy het jou loopbaan gekies. N$3,80 per uur plus N$4 skoftoelae. Totaal van N$49,60 per dag. Hou op kerm en wees dankbaar jy het werk. Raak so siek vir almal wat kla oor alles maar vergeet om dankie te sê. Kyk vorentoe en maak ’n sukses van jou keuse en eendag sal jy die vrugte pluk vir jou harde werk. – Walvisbaai ouma
* * * * * * * * * *
Help asb. My mense werk op ’n plaas, Sondag tot Sondag. Geen oortyd, geen payslip en die salaris is so min.
* * * * * * * * * *
Ek wil net dankie sê dat daar nog goeie en menslike werkgewers in ons samelewing is. Ek waardeer my werk en werkgewers baie. Dankie vir alles wat julle vir my doen. Ek werk vir Classic Funeral & Cremation Services.
Veterane
Ek wil net weet van die soldate wat in RSA gebore is. Waar moet ons registreer? Kan julle ons ’n nommer gee van mnr. De Klerk asb.
[Mnr. Lukas de Klerk se nommer is 081 213 5095.]
Diens
Ek wil graag ’n lansie breek vir Standard Bank. Lees die laaste paar weke van mense wat kla oor die diens. Vir my was dit net die teenoorgestelde. Wou iets op my rekening verander en het uitgekom by Jolandie de Koe. Sonder dat ons nodig gehad het om in te gaan bank toe, het sy my Saterdag gebel en alles uitsorteer. Dit is diens uit die boonste rakke.
* * * * * * * * * *
Ombinda Country Lodge. Lanklaas is ons so vriendelik en gasvry deur die eienaar van so ’n pragtige plek ontvang. Na Doepie se 50ste op die plaas het ek Sondagoggend goed verslaap en is in gietende reën met ’n stomende koppie boeretroos wakker gemaak. Nodeloos om te sê, was ek laat vir ontbyt ook, maar weer eens is geen moeite ontsien met ’n heerlike ontbyt nie. Na ’n besigtigingstoer is ons uiteindelik daar weg net sodat my “band partner” haar negosiesak met selfone en al daar vergeet. Weer eens is ons sonder moeite van agter ingejaag met die sak. Gerald en Elmarie, dit was ’n plesier om julle te ontmoet. Baie dankie en doet so voort. – Harry en Laura
* * * * * * * * * *
Thank you very much for the great service at NaTIS Tal Street. Promises are kept, deadlines met, and one can even pay with a card these days. Upon my visit, all the counters were manned and all the staff was most friendly and assisted with pleasure. Great job guys.
* * * * * * * * * *
Gunther Bath van Ritter’s Toyota, dankie vir jou goeie diens.
* * * * * * * * * *
Baie dankie aan Tobich Optics, Otjiwarongo se goeie spanwerk. Daai 2 dames is vriendelik en baie gaaf.
Wyfies soek maats
3 Volstruis wyfies soek dringend na ’n manlike maatjie. – 081 255 2328
Gesoek
Inwoners van Okahandja, help asseblief. My skoonsuster se handsak is uit motor gesteel op 16/02/2012. Hul was van Walvis op pad terug lodge toe. As iemand enige dokumente van mnr. E.E. Britz en mev. A.K. Britz optel, kontak asb 081 362 0351.
Waar is Mini?
Lekker ou dae. Ek wil tog vir Mini /Uiseb vra laat hy tog vir NBC Damara/Nama die sokker gaan uitsaai, want ons mis daai ou dae.