22.07.2008

Slenterslag

EK wil graag met my mede- landsgenote deel van n mooi onderduimse plan wat deur 'n sogenaamde Godsman gebruik was om die besigheidpersone van Rehoboth en Namibia te bedrieg en besteel. 'n Pastoor het my genader oor 'n projek waar hy videomateriaal en fotos gebruik om advertensies vir jou besigheid te doen.

Hierdie materiaal word op 'n DVD gebrand en dan by verskillende besigheidsplekke geïnstalleer waar jou besigheid dan goeie mediadekking geniet. Ek was werklik beïndruk met sy gedagte en ons het ooreengekom en sy versoek was om 'n betaling te maak voordat hy die diens lewer.

Hy het my oortuig van sy eerlikheid en Godvresendheid en dat ek 'n deposito moet maak. Hierdie aand gee ek hom N$ 300 en ontvang n kwitansie van N$ 750 vir 'n jaarlikse kontrak. Met dien verstande dat met die finale opnames ek die verskil moet betaal. Die volgende week ontvang ons 'n uitnodiging om op Rehoboth 'n voorstelling van die projek te gaan bywoon, gelewer deur mnr Jonathan Gowaseb van Kalahari Star.

Hy was gekomplimenteer met hierdie blink gedagte en het ons verras met verversings wat eintlik met ons geld betaal was. Pastoor besoek my besigheid op 4 en 5 April om sy opnames te doen. Na sy opnames die Saterdagoggend betaal ek aan hom die verskil. Ons ooreenkoms was dat hy binne die volgende twee weke die produkte sal oorhandig.

Ek vind vir hom daarna in Windhoek en hy verseker my dat ek die DVD by sy kantoor in die Woermann Brock-gebou kan gaan afhaal. Vind toe geen kantoor van Kalahari Star of die ene Pastoor Awoseb nie. Vandag omtrent drie en half maande later houvas ons nog die krans. Indien enige iemand dieselfde stel afgetrap het, kontak my asseblief by 081 211 6031.

(Brief verkort – Red. Republikein)