2.09.2010 Seuntjie roer die hartsnare
Soekie skryf:
Die berig Held van Hardap (Republikein, 19 Augustus 2010) het my so aangegryp dat terwyl ek gelees het, die trane geloop het, maar ek tog deur die trane gelag het vir die omkeer voetspoortjies.
Dapper klein peutertjie. Goddank is hy veilig. Goeie beterskap wens ek jou toe, dapper driejarige.
|