24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Sal Myl 14 ooit herstel?

Shireen Crotz skryf:
 
EK stem heeltemal saam dat die kampe soos Myl 14 niks anders ‘n klad op die Namibiese Toerismeraad se naam is nie.

As ‘n gebore Walvisbaaier wat vir amper 30 jaar jaarliks daar gekamp het en selfs my Suid-Afrikaanse familie soontoe gevat het, is daar nou niks meer oor nie. Myl 14 was ‘n baken in baie van ons lewens en ‘n ervaring wat gekoester kon word. So het ons vriendskappe gesluit wat jare nog hou.

My kinders het daar geleer van tentkamp. Wat is daar nou as ons Desember vir my familie in Walvisbaai gaan kuier?

Niks. Jakkalsputz se hobbelrige pad is genoeg om enige kar se vering in sy kanon te stuur. Waarheen wil die Namibiese Toerismeraad hê moet Walvisbaai en Swakopmund se mense gaan vakansie hou?

Dink aan die finansiële voordele as die kampe weer tot hul volle reg kan kom. Gesinne in die land gaan soontoe stroom en moenie die Namibiërs in Suid-Afrika vergeet nie. Dit sal jolig wees.

(Namibia Wildlife Resorts, eienaar van Myl 14, het vennootskappe aangegaan wat sekere van sy oorde, Myl 14 ingesluit, raak. Daarkragtens is die vennote vir die bestuur en beheer van onder meer Myl 14 verantwoordelik. Red. Republikein)