26.11.2007
Sê jou sê Disclaimer
Sê-jou-Sê bly steeds een van die gewildste kolomme in Republikein en die aantal briewe wat daagliks instroom bevestig dit. Die doel van hierdie briewekolom is om soveel lesers as moontlik die geleentheid te bied om hul briewe geplaas te kry. Om dit moontlik te maak, word die volgende vereistes gestel voordat ‘n brief in aanmerking kan kom vir publikasie:
• Getikte briewe mag nie langer as ±3 000 karakters (sowat 650 woorde) wees nie.
• Handgeskrewe briewe behoort nie langer as twee volgeskrewe A4-groote blaaie wees nie.
• Die redakteur behou hom die reg voor om briewe te verkort of dele weg te laat.
• Briewe waarin laster, naamskending, persoonlike aanvalle, aanhitsing en diskriminasie voorkom, kan nie gepubliseer word nie.
• Die skrywer van elke brief se naam, adres en kontaknommers moet verskaf word al word die brief onder ‘n skuilnaam gepubliseer. (Hierdie inligting sal vertroulik hanteer word.)
Dit sal dus waardeer word indien lesers hul samewerking sal bied om sodoende by te dra tot die groeiende gewildheid van u briewekolom.
Republikein