Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Polisievrou se optrede puik

Alta du Plessis skryf:
 
MY kamera is Vrydagaand met die rugby-semifinaal by die stadion gesteel en ek moes ‘n saak gaan open by die polisie vir die versekering.

Ek het opgesien daarteen, want dit is gewoonlik ‘n vreeslike proses. Groot was my verbasing egter toe ek Saterdag vir konstabel Witbooi by die hoofpolisiekantoor aantref wat my vriendelik groet. Sy het ’n bewys van identifikasie gevra en ek het kortliks vertel wat gebeur het. Sy het die verklaring geskryf, my gevra om dit deur te lees voordat ek dit teken, sonder enige probleme.

Na seker net vyf minute was alles afgehandel.

Ek wil dus net baie dankie sê, konstabel Witbooi, dit was die beste en vriendelikste diens wat ek nog by enige polisiekantoor gekry het.