25.07.2008 Orkes kry nog 'n geleentheid
DIE jongmense se musiek darem! Toe gaan luister ek die jongmanne se musiek by die biltongfees. Paar “ou Toppies” was ook daar. Hulle het eintlik ’n hartseer walsie verwag. Die orkes “Maybe it’s Me” het daar gespeel. Ja, tot vermaak van al die jongmense.
Die orkes moes egter stop omdat die program so ’n bietjie “agter” was. Daar was reeds min mense as gevolg van ’n bitter koue aand. Toe “Maybe it’s Me” stilgemaak word as gevolg van die tyd wat agter raak, besluit die helfte van die jong en jong ou mense, hulle wil ook maar liewer loop. Hulle wou eintlik na die nuwe orkes kom luister.
Nou hierdie naweek speel “Maybe it’s Me” in “Blitzkrieg Bunker Bar”. Moenie skrik nie. Die “Blitzkrieg Bunker Bar” is maar net ’n nagklub se naam. Al die jongmense kan nou maar daar gaan luister en “jam”. Daar is nie “ou toppies” wat eintlik wou rosies uitdeel nie. G’n wals of hartseerbroers en sniksusters is daar besig nie. Net feeste. Cheesa! Sien jou daar Saterdag 21:30 my Broe'!
|