24.07.2008

Opreg dankbaar

EK koop 'n Nokia 6500 vir N$4 200 kontant om op hoogte te bly met die tegnologie en wat kan 'n bate wees vir my besigheid. Die foon was skaars twee maande oud toe die gehoorstuk nie meer werk nie. Tot my skok kom ek agter dat dit twee maande vat vir die herstelwerk. Nietemin is ek geduldig, want hulle kon darem 'n “leenfoon” verskaf (al het dit nie al die funksies nie, kon ek darem nog komunikeer).

Ek kry die foon toe twee maande later terug, en verbasend werk dit 'n volle week. Met die gevolg dat ek weer moes terug gaan Mobile Home in Oshakat, waar die ene Bino my "bubble" bars deur my mooi te laat verstaan ek kan nie my geld terugkry of 'n ander foon kry nie. Die reparasie sal natuurlik weer twee maande vat. Die “cherry" op die koek is dat daar geen leenfone is nie, met die gevolg dat ek nie meer n sellulêre foon het nie.

Die volgende stap – kontak hoër bestuur. Mnr. Erns en diegene wat daar werk, het ook deurgeloop. Opgewonde oor 'n reaksie of terugvoering in die begin,het my gemoed verander na kwaad en mismoedig. Met nog geen terugvoering na twee weke sonder 'n sellulêre foon.....wel, MTC ending the connection?

Terugvoering:

Volgens my brief is baie tyd en "effort" ingesit om seker te maak my probleem word opgelos. Die goeie verhouding wat ek gehad het met MTC is herstel eenvoudig deur goeie diens te lewer soos ons gewoond is. n Nuwe sellulêre foon is verskaf en die terugvoering was positief. Dis verligtend om te sien daar is sekere maatskappye wat darem nog die groter prentjie kan insien en seker maak kliënte kom eerste. Welgedaan!