6.08.2010 Net vergifnis bring innerlike genesing
Gorden skryf:
Laat my eerstens toe om die bedroefde en ernstig geskokte familie sterkte toe te wens. Om vrede te kry, is dit belangrik om die persoon wat die gruweldaad gedoen het, te vergewe, ja ek weet dus makliker gesê as gedaan. Vergifnis bring innerlike genesing en bring gesonde dinkkrag na vore.
Probeer net dit toepas en u sal ervaar hoe God u sal help om vrede te kry en die sterfte te aanvaar. Ja, dis ’n gevoel van onsekerheid wat ons almal mee moet saamleef wanneer ons geliefdes die plek van beskerming verlaat soos ’n tuiste.
Onseker die straat invaar weet nie wat nou binne die volgende paar minute met jou gaan gebeur nie. Die wetstoepassers sal iets drasties moet doen om die land te beveilig sodat vryheid van beweging volgens wet met plesier kan geskied.
Wat gewoonlik gebeur met so ’n skokkende tragedie, dan wil ons almal nou vir die volgende week of maand iets daaraan doen en dan gaan staan alles maar weer stil tot die volgende gebeurtenis. Ja, dis waar nie een van ons weet wanneer gaan die volgende misdaad voltrek word nie.
As ek ’n voorstel aan die hand kan doen: Elke dorp in Namibië moet meer patrollievoertuie en veiligheidsmagte by gevaarlike deurloopareas plaas - Sit in rivier perderuiters, trapfietspatrollies ens op.
Dit sal nie misdaad ten volle stop nie maar ten minste van baie gevare die persoon veilig laat voel. Ek weet dit is baie gevra van die wetstoepassers, maar help ons asb. Maak Namibië ’n veilige trotse land vir haar inwoners en besoekers. Ten laaste moet ons as gemeenskap nie ophou om iets uit te werk ten einde almal se veiligheid te verseker nie.
|