Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

’n Mening oor rook – en drank

Roker skryf:
 
LAAT my asseblief toe om ook ’n stuiwer in die armbeurs te gooi oor die rookpetalje. Dit is is vir my verblydend dat dr. Kamwi die land en sy mense wil red van die verskriklike rooksonde waarvan die bekamping glo die ekonomie positief gaan beïnvloed.

Dit is net vir my as roker moeilik om te verstaan dat rook so ’n groot deel uitmaak van die gesondheid en sosiale krisis van hierdie land, waar ons eintlik gebuk gaan onder erge drankmisbruik en dobbelhuise wat oorloop.

Dit sou vir my sin gemaak het as ons ook ’n verbod op dieselfde tyd geplaas het op die verkoop van goedkoop wyn en brandewyn en dat geen advertensieborde van drank teen ons hoofpaaie mag wees nie.

Dit sou verder sin gemaak het as ons mense beperk om meer as ’n honderd dollar by ’n dobbelhuis uit te gee en hulle verbied om meer as 50 dollar op een slag by n drankwinkel te spandeer. Dan kan ons die nuutgeskepte rook-, dobbel- en drankfonds gebruik om ’n daadwerklike strategie te ontwikkel vir die bekamping van vigs om sodoende te verseker dat dertig persent van ons land se gesinne bymekaar bly sonder trauma.

Ek wil dan ook verder my een dollar op die tafel sit en vra wat maak ons met al die ou voertuie wat rondry en buitensporige koolstofgas die lug vol blaas en jou laat verstik as jy sesuur die oggend gaan draf. Wat van al die kinders wat sonder keuse in ’n toe pondok sit waar die enigste manier van kook op ’n paraffienstoof is.

Die rookbekampingsfonds kan ook gebruik word om die duisende mense behoorlike huise en sanitêre geriewe te help bekom.

My beker loop oor as ek dink hoe ’n skou of skoolbasaar gaan wees sonder braaivleis en sosaties. Al daai rook! Met die kinders! Dis net vebasend hoe die nie-roker bereid is om heeldag teen die vuur te staan met ’n bier of brandewyn, rook in te asem, sy 4.5 bakkie te ry met koolstofgas gelykstaande aan ’n beestrok, maar nog steeds kla oor die ou wat 200 meter ver van hom af rook.

Hu?

Hierdie brief is my persoonlike siening.