10.03.2010 Moet dan nie diere aanhou
Marlene van Zyl skryf:
EK bly in Cimbebasia en dis skokkend om te sien hoe al meer “diereliefhebbers” hul diere behandel. Skuins agter my is ‘n huis met drie Jack Russels en dis nou al meer as ‘n jaar wat twee van hulle baklei.
Hulle hou nie op tot iemand hulle uit mekaar haal nie. Gewoonlik kom een van die mense uit en stop hulle, maar selfs halftwee in die oggend is die bakleiery so erg dat geen mens geslaap kry met daai gehuil en bakleiery nie.
Die eienaar raak so kwaad dat hy skree :“Ek maak julle sommer vrek”, maar die ergste is, daai honde word so geslaan daarna.
Dinsdag het die een hond vir so ’n tyd lank net daar bly lê en toe ek die eienaar vra hoekom hy die hond so slaan, is sy antwoord aan my dat dis die een wat so baklei, net om daarna agter my aan te skree: “Bel maar die SPCA”.
Nou met hulle is ek ook raadop, want jy mag blykbaar net reageer as die diere nie kos of water het nie, of dalk in haglike toestand is.
Is daar niemand anders wat mens kan vra vir hulp nie, want geen dier op die aarde verdien sulke behandeling nie?
Hoekom het jy ‘n dier as jy hom so mishandel?
Kan mens nie sy diere van hom af wegvat nie?
|