24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.08.2010

Moet daar dan eers moord en doodslag wees?

Mathew skryf:
 
Ek wil weet moet daar elke keer eers moord en doodslag wees voor opgetree word. Daar is al hoeveel briewe geskryf aan die stadspolisie oor die bedrywighede in die strate rondom Jan Möhr Skool en die rivier by Mercurystraat.

Daar gaan bitter min dae verby dat daar nie iemand in die straat en omgewing beroof of aangeval word nie, maar niks word daaraan gedoen nie, al wanneer jy ’n motor van die stadspolisie of Nampol sien, is dit van die offisere wat in die omgewing bly of wat iemand daar ken en as jy hulle bel om te sê dat daar iemand rondloop wat verdag lyk, dan sien jy hulle eers as die persone lankal weg is 20 tot 30 minute na die tyd.

Nou wil ek net weet wat gaan gedoen word, wil daar ook weer gewag word tot daar ’n moord is voor daar opgetree word.