9.08.2010 Moeder is ‘n rolmodel
Charmaine skryf:
‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. A new command I give you: Love one another. As I have loved you, so you must love one another.
By this all men will know that you are my disciples, if you love one another. John 13:34-35 Ek wil vandag net saamstem met Magdalena Stoffels se moeder. Sy is absoluut ‘n rolmodel vir my. Ek onthou so goed die oomblik toe ek van hierdie aangeleentheid hoor toe bid ek vir daai man wat die daad gepleeg het. Ons ken nie God se plan met alles nie.
Wie is ons om te oordeel, die oordeel kom nie een van ons op aarde toe nie. Die Here Jesus het toe Hy aan die kruis hang die moordenaar ook vergewe. Dink net vir een oomblik vir uself. As GOD die dag moet besluit “’n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand, wat sal van die ganse mensdom op aarde word.
Dink net vir uself, daai jongman se moeder het hom opgevoed na die beste van haar vermoe, en as hy dit gaan doen het, dan weet ek sy moeder se hart pyn vandag soos oorlede Magdalena se moeder-hart. Kom ons neem vandag die voorbeeld van hierdie pragtige kind van Die Here en ons vergewe soos wat sy vergewe.
As Die Here moes vanoggend vir ons kom vra en sê: “Wie nie sonde het nie tel die eerste klip op en gooi”, wie van ons sal kan gooi, ek glo vandag nie een nie.
So kom ons raak stil en ons raak ‘n biddende land en ons praat nie so baie nie.
Dit is dalk waar wat haar moeder sê, wie weet wat God se plan is dalk word daai man eendag dalk ‘n werker vir Die Koninkryk van God, dalk gaan een van u wat vandag vir hom so oordeel eendag onder sy woord wat hy gaan bedien tot bekering kom.
Ons ken nie God se plan vir ons lewens hier op aarde nie, so kom ons vergewe en ons bid vir mekaar.
|