24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Misleidende inligting

Johan Steyn skryf:
 
GUN my die geleentheid om in u gerespekteerde koerant my mede-Namibiërs in te lig van my ondervinding vandag. Soos u weet, is elke dollar wat gespaar kan word in hierdie tye baie kosbaar en moet mens van tyd tot tyd die mark ondersoek oor wat anders in die mark beskikbaar is.

So gesê so gedaan en vandag is Vrydag so daar is tyd op hande en het ek besluit om die ander mediese fondse en wat ook al beskikbaar is in die mark, te nader vir kwotasies vir mediese dekking.

Tot my verbasing was daar opsies beskikbaar wat nogal die moeite werd is en ’n redelike besparing in die sak teweeg bring en ek raai my mede-Namibiërs aan om ook soos ek op hierdie roete te gaan en te sien wat is in die mark.

Mens sal verbaas wees oor dit wat daar is en wat jy het. Tot my spyt kontak ek toe my huidige mediese fonds oorkant die bult en word ek ingelig dat ek net moet verstaan dat ek ’n jaar kontrak het en dat ek nie mag bedank voor ’n jaar nie en indien, sal daar stappe teen my gedoen word.

Wel, ek is ook nie ’n pampoen nie en ek weet dat daar altyd ’n plek is waar jy die feite sal kan kry oor so ’n aangeleentheid. NAMFISA-hulle is mos daar om na die “wellbeing of the nation” om te sien.

Ek het hulle gekontak en ingelig oor die opmerking van my fonds en hulle het my ingelig dat daar glad nie so ’n bepaling in die mediese fondswet (No. 23 van 1995) is nie en dat die wet slegs bepaal dat ek een maand skriftelike kennis moet gee indien ek wil bedank.

Ek is ook verder ingelig dat dit teen my demokratiese reg is om verplig te word of om gepenaliseer te word en dat ek wel ’n klag teen hulle kan lê vir sulke optrede. Ek is ook verder ingelig dat ek dit by die Ombudsman kan gaan rapporteer.

Ek wil graag dus my mede-Namibiërs inlig om nie deur die fondse afgepers te word nie, maar om eerder die saak verder te neem en met die regte mense te gaan praat en hoor wat die wet bepaal aangesien die wet bo alles in ’n land is en jy nie die wette van ‘n land kan breek tot voordeel van jou eie gewin nie.

(Brief verkort. Red. Republikein)