24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Mense in glashuise

Danie skryf:
 
NET ’n gedagte aan Gerhard en sy uitlating oor ongewenste vreemdelinge. Sover ek weet het Suid- Afrikaners nie ’n visum nodig om Namibië te besoek nie, so hy praat sekerlik van ander landsburgers, nie SA burgers nie.

En terwyl ons daaraan dink, kan vriend Gerhard asseblief die tienduisende Namibiërs kom haal wat Kaapstad en al Suid-Afrika se groot stede oorstroom op soek na werk.

Ons het ook wette en ook ’n behoefte aan werkskepping vir ons eie mense en kan onmoontlik nie nog werksoekers uit ander lande op staatskoste onderhou nie.