6.08.2010 Laat haar siel in vrede rus
NGK Jeja skryf:
Ek as ouer is regtig waar baie baie hartseer oor wat met Magdalena Stoffels gebeur het. My grootste hartseer is vir haar ma, haar hart is verpletter. Here vergewe ons skuldes asseblief, as ons u verkeerd aangedoen het vergewe ons asseblief Vader.
Vir haar ouers wil ek net sê die Here wat vir julle die oulike, respekvolle meisie gegee het, is miskien op dieselfde tyd besig om julle se geloof te toets - Want hy sê terselfdertyd: Ek gee jou nie ’n probleem wat jy nie kan oplos nie.
Die Here is wonderlik, Hy sal jul trane afvee, Hy sal julle versterk en Hy sal sorg dat die skuldige die straf kry wat hy verdien. Laat Magdalena se siel in vrede rus. Ek raak siek elke keer as ek sy gesig in die koerant sien.
Ons as ouers poog regtig baie om ons kinders met liefde en respek groot te maak, maar dan gaan raak die kinders so uit die hand uit. Sy ma het beslis nie gedroom die seun sal eendag so ’n slegte ding doen nie.
Die Here sê in een van die verse in die Bybel ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand en dan sê hy weer ’n ’n ander Jy mag nie dood maak nie. Laat Hy maar die oordeel vel. (Brief verkort – Red)
|