24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2012

Keelvol vir jaagduiwels

Anti jaagduiwel skryf:
 
EK het nog getwyfel of ek hieroor moet skryf, maar nadat ek halftwee namiddag by my huis kom en sien ’n jaagduiwel het my buurvrou se pragtige katjie doodgery en net so in Omukunda Drive gelos, sonder om te probeer uitvind wie die eienaar is en soos ’n lafaard weggery het, moet ek skryf.

Sommer ’n paar dinge wat krap.

Ek let op dat sommige motors verskriklik jaag in Omukunda Drive, Olympus Village. En hierdie mense is nie al nie. Die spoedbeperking is 40 km ’n uur, maar die jaagduiwels slaan nie ag daarop nie. Olympus Village het baie nou strate, met haarnaalddraaie in Omukunda Drive. Daar is ongeveer 20 hekke wat uitmond in Omukunda Drive. Daar is ses doodloopstrate wat uitmond in Omukunda Drive.

Daar is ’n speelpark waar kindertjies speel, wat ook oor die straat moet loop. Maar nieteenstaande jaag hierdie duiwels elke dag sonder om te dink watse gruwelike ongelukke hulle kan veroorsaak.

Het hierdie jaers al gedink hoe lyk ’n kindjie wat teen 40 km ’n uur raak gery word. Nee, hulle luister net na die aaklige geluid wat hul motors maak wanneer hulle so vet gee.

Dit is nie al nie, jong latte op quad bikes jaag sonder nommerplate en soms sonder valhelms op, met passasiers agter op, al staande oor die “humps” wat aangebring is. Ek wens ek kan hulle voorkeer en skrobeer, maar hulle jaag te vinnig.

City of Windhoek, daar is geen sebrastrepe geverf wat aandui dat voetgangers van weerskante veilig kan oor loop na die parkie toe nie. Die draaie in Omukunda Drive is so skerp dat mens amper moet stilhou wanneer iemand van voor af kom en die draai sny. Die sypaadjies is geweldig breed en ek stel voor dat City of Windhoek kom ondersoek instel en die straat verbreed om die draaie. Daar kan gerus nog ’n paar fris “humps” gebou word, sodat dit die motoriste dwing om stadiger te ry.

Olympia se vierrigting-stopstrate is ook ’n nagmerrie. Jy is jou lewe nie seker wanneer jy so ’n stop moet oorsteek nie. Waar is die verkeersbeamptes?

Ek hoop iemand gee aandag aan die netelige kwessie.