22.07.2008
Is dit ’magic’ of inflasie?
TER aanvulling van “Dis swak Televisie (DSTV)” se brief in Republikein van Woensdag 16 Julie, wil ek graag byvoeg dat ek meer as 50 jaar gelede Saterdagoggende in my ouma en oupa se tuin gewerk het vir ‘n sjieling om die cowboyflieks in die plaaslike bioskoop te gaan kyk. Vandag betaal ek N$470 per maand by DStv om dieselfde cowboyprente oor en oor en oor te kyk. They call it magic!""
Gene Travers