6.08.2010 Innige meegevoel aan vriende en ouers
Soekie skryf:
My innige meegevoel aan die leerlinge en ouers van die leerling van die Hoërskool David Bezuidenhoudt. Ek was ook ’n leerling van daardie skool.
En hierdie probleem van leeglêers rondom en in daai rivier kom van toeka se tyd af aan en niemand het hulle daaraan gesteur nie. Hoeveel moorde en verkragtings het nie al daar plaasgevind nie?
Ek hoop die polisie en munisipaliteit het nou uiteindelik wakker geskrik en doen iets daaraan om hierdie gruwels te stop. Ook by die voetoorgangbruggie oor die Gammamsrivier, oorkant die Gammamsskool.
|