2.09.2010 Hy soek na matrikulante
Elie Enslin skryf:
EK doen namens my vrou, Elizabeth Karsten, navraag na Hoërskool P K De Villiers se matriekklas van 1961. Sy sal graag weer wil kontak maak.
Ons het probeer om elektronies by die skole wat tans op Keetmans funksioneer, die inligting te verkry, maar sonder sukses.
As iemand uit daardie jare met hierdie navraag kan help, kan hy/sy via my e-pos (elienslin@gmail. com) met ons in verbinding tree asseblief.
Of dalk bestaan daar iewers nog skoolregisters ens. wat ’n mens kan raadpleeg?
|