22.07.2008
Hulp gesoek
OOM Jan Spies het altyd gesê ons is ’n “geleentheidsvolkie”. As iemand dorp toe ry, dan bel almal agterna sodat jy iets iewers moet optel. So ’n probleem het ons, die dagbestuur van die Dorslandtrek. Ons soek geleentheid vir twee rolle skadunet (1,5 m lank) wat Tsumeb toe moet gaan; en ’n Dorslandpadbord wat 3 m lank is en bo-op ’n bakkie se tralies sal pas. Hierdie bord moet gaan tot op Kamanjab of Outjo of Otjiwarongo. Dalk weet u van ’n vragmotor wat gereeld opgaan en dalk plek het. Skakel 061229 931, 081 276 8478 of faks na: 061229 735 of gebruik juriev@iway.na.