Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Gek? Hy máák almal gek

Samantha van der Merwe skryf:
 
OMARURU het ’n probleem met die “mal” man soos almal hom ken. Hy maak groot moles by die een China-winkel in die hoofstraat. Hy het al twee maal die Chinavroutjie aangerand. Die eerste keer was dit net ’n klap in die gesig omdat sy glo in sy huis woon. (Dis ’n winkel en nie ’n huis).

Die tweede maal (sy is glo sy vrou en wou hom nie seks gee nie, dis hoekom hy haar geslaan het) was erger en sy het ’n saak by polies gemaak waarop hulle gesê het hulle kan hom nie toesluit nie omrede hy mal is. Aan sy familie is gesê hulle moet hom “mal kamp” toe stuur. Maar niks het gebeur nie.

Hy kom baie dae by haar winkel aan en gaan aan en dreig om haar dood te maak. Dan druk sy haar “panic button” dat ons as “security” kan kom help. Maar daar is nie veel wat ons kan doen nie omrede ons nie aan hom mag raak nie. Kry ons hom wel in die kar en neem hom polisie toe, sê hulle net eenvoudig wat moet hulle doen, hy is mal. Hy stamp en stoot en vloek ons as ons mooi met hom praat.

So hoe hanteer ons so ’n man. Lok hom uit met kos en geld so dat hy net later weer kan kom?

Dit het nou heel hand uitgeruk. Dinsdagoggend so teen twee-uur het hy hulle weer kom pla en op deure geklop, hekke geratel en gevloek en aangegaan. Hy het tot gedreig om haar dood te maak. Weer eens het ons hom van die perseel verwyder.

Maar terug kom hy terug, want niks kan aan hom gedoen word nie. Gisteraand en in die vroegoggendure het hy heel hand uitgeruk, die agterdeur se traliehek heel afgeruk, slotte gebreek en die ingang tot die winkel waar sy ook in bly, gekry.

Gelukkig met die rumoer het sy wakker geword en omgehardloop na ons “control room”. Hy het deur die winkel gestorm agter haar aan, een glas toonbank omgegooi, die voordeur stukkend geskop, die traliehek geskop en aangegaan en teen die tralies gekap dat die groot ruite kraak.

Ons het hom opgelaai en polisie toe geneem waar hulle hom toegesluit het. Glo sal die “government” hom “mal kamp” toe stuur.

Sal dit gebeur of moet ons oor ’n paar dae weer met hom sukkel en moet sy weer ’n klomp geld betaal aan onnodige skade of moet ons hoor hy het haar beetgekry en doodgemaak soos hy dreig?