Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Geen rede om so te voel

Lichen Tromp, dieetkundige, skryf:
 
ONS nie bewus van enige stryd tussen voedingkundiges en dieetkundiges nie. Ons stryd is wel teen persone wat as dieetkundiges optree en buite hulle “level of expertise” handel. Die voedingskundiges moet dus ’n stryd voer teen mense wat hulself voedingskundiges noem sonder dat hulle enige kwalifikasie het. Let wel: Daar was nie geskryf dat voedingkundiges geen kwalifikasie nodig het nie. Maar om ’n geregistreerde dieetkundige met ’n voedingkundige te vergelyk, is om appels met pere te vergelyk.

Dit is twee verskillende kwalifikasies en hoekom moet daar ’n stryd wees as almal net handel binne wat hulle veronderstel is om te doen. Die publiek moet egter weet wat die verskil is om ’n ingeligte keuse te kan maak. Ons voel dat die goed gekwalifiseerde en ervare voedingkundiges self teen hulle kollegas wat hulle voordoen as voedingkundiges (en eintlik die voedingkundiges se name deur die modder sleep) moet optree net soos ons as dieetkundiges teenoor ons kollegas moet optree sou hulle die verkeerde inligting verskaf.

Die voedingkundiges in Namibië het tot op hede nog geen minimum regulasies/ vereistes van wat hul beroep presies behels, daargestel nie. Dit bevestig dus dat enige persoon wat voedingsinligting in enige vorm oordra hom/haarself ’n voedingkundige mag noem. Die voedingkundiges sit mos eintlik dan met die probleem dat enige iemand in hul veld kan werk, sonder die nodige kwalifikasie.

Wat is ’n voedingkundige dan? “A qualified nutritionist is a person responsible for the promotion of nutritional health and wellbeing and prevention of nutritional related disorders of groups, communities or populations via sustainable and equitable improvements in the food and nutrition system. Nutritionists will not be involved in illness management i.e. therapeutic interventions in individual clients, patient or communities”.

(Bron: Competencies for the professional training and registration of nutritionists – Health Profession Council of South Africa). Geregistreerde dieetkundiges mag doen wat voedingkundiges doen EN dan ook terapeutiese diëte voorskryf. Nie andersom nie. Die idee van die artikel was om die publiek in te lig van wat dieetkundiges doen en dat ’n pasiënt sy mediesefondsvoordele kan gebruik om ons te kom sien sou hy ’n mediese probleem hê.

Dieetkundiges kan in drie areas werk: voedseldienste, gemeenskap, en klinies (hospitaal en private praktyk). Dit is elkeen se regmatige keuse om te besluit in watter area hy/sy wil werk en daardeur sy/haar passie uit te lewe. Dan wonder ek net…wat presies is ’n bevoordeelde person? Moet ek dan nie die persoon wat voor my sit met vier chroniese toestande en ’n hartomleiding help om sy lewensgehalte te verbeter en lewe te verleng nie?

Ons weier niemand wat by ons praktyk instap nie en akkommodeer graag pasiënte wat finansieel sukkel. Verder hoef ons nie jammer te sê dat ons ingekontrakteer is by mediese fondse nie. Ons werk graag saam met die fondse en hulle doen baie moeite van hul kant af om gesonde lewenswyses in Namibië te bevorder.

Daar is tans ongeveer 11 dieetkundiges in Windhoek en die feit dat ons ’n bestaan kan maak, is ’n bewys dat hier (net soos in die landelike gebiede) ook ’n groot behoefte aan voedingsinligting is. Dieetkundiges in Namibië beweeg tans na Swakopmund, Walvisbaai, Rosh Pinah, Oranjemund, Lïderitz, Omaruru, Oshakati, Keetmanshoop en omgewing, Mariental en omgewing, Aranos, Tsumeb en Rehoboth.

Ek sal graag ’n antwoord wil hê op die stelling dat ons nie bereid is om te beweeg in die land nie. Ek wil ook net seker maak of die voedingkundiges wat na landelike gebiede reis, deur ’n maatskappy/ werkgewer vergoed word in terme van vervoerkoste, verblyfkoste, salarisse, kartoelaag, ensovoorts? Indien hulle al die uitgawes self dek en geen vergoeding kry nie is dit wonderlik.

Verder sal ek wil weet of hierdie voedingkundiges dan wel terapeutiese diëte voorskryf? Ter opsomming: As die voedingkundiges se “scope of practice” dan is om in groepe te werk en te help met voorkoming en gesondheidspromosies en dieetkundiges s’n is om onder andere individue met mediese toestande te help behandel (wat niemand anders mag doen nie), wie gaan in Windhoek en ander dorpe hierdie terapeutiese diens lewer as al die dieetkundiges net landelik werk?