Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Foto vertel die verhaal

India skryf:
 
DIT is vir my baie snaaks dat iemand rommel in die berge van Kleine Kuppe op die 24 Januarie 2010 ontdek en dit op die 17de Februarie 2010 in die koerant adverteer.

Dit blyk dat daar geen rommel op die 17de Februarie 2010 op die sogenaamde toneel was nie. Die rommelfotograaf het my naam in die Republikein geadverteer en ’n indruk geskep dat ek die “rommelstrooier” is.

Dit kan ook wees dat “my” bogenoemde rommel al reeds in Januarie 2010 verwyder is. Wat wil jy bereik??

Meneer die rommelfotograaf, kan u my wys of sê waar my rommel was/is en waarnatoe jy dit gevat het. Verder wil ek ook weet of dit jou stokperdjie is om foto’s van rommel te neem of is jy net mal oor “my” rommel.

Ek wonder ook of “my” rommel regte het.

Laastens wil ek jou sê jy het my naam geskend en ek wil graag weet wie jy is. Jy is bekend aan jou koerant Republikein en jou naam word beskerm maar nie myne nie.

Ek het nog nie “my” rommel gesien of verwyder nie, ek wil dit graag doen.

Besorg dit tog terug aan my. My kontaknommer – 081 127 7611.