Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Dis soos die sondvloed

© Jack Anderson

Jack Anderson skryf:
 
ALWEER sulke tyd.

Op Vrydag 6 Augustus om 17:00 na tjaailatyd begin die drieweeklikse rioolspoeling van die pad. Die tydperk van spoeling neem sowat 15 tot 20 ure met ’n redelike vloei van 20 liter/minuut.

Wat ’n gesig in die nag as jy by die venster uitkyk om die stroom water te sien verbyvloei na nêrens, wat ’n vermorsing. Maak die venster oop, vang jy die aroma en klank van ’n rioolplaas wat sy roete byster geraak het. Gaan nader en bekyk die lot. Dit bevat Design softies, koerantpapier met ’n gesig wat iewers deurgetrek is, kondoompies, dr--letjies, jy noem dit.

Om met ’n voertuig dorp toe te gaan, bly ’n probleem. Daar moet deur die higiëniese vloei van skoonmaakvloeistof gery word. Op die dorp se parkeerterrein trek baie persone hul neus op, kyk rond om uit te vind waar kom die stink reuk vandaan, kyk selfs onder die skoene.

Parkeer daardie voertuig in die motorhuis, ruik die hele huis asof die toilet verstop is. Aan die bo-ent van die straat is daar ’n erf met sewe woonstelle en by die rioolgat vind verstopping plaas.

Dit word net skoongemaak, maar die probleem word nie ondersoek nie. Die vloei van die riool is meer as ’n kilometer.

Die motto van die dorp is blink van voor en stink van agter. Huise word gebou 500 meter van die ashope af – wat ’n gesondheidsrisiko.

Besoekers in ’n toeristebus wou foto’s neem van die naambord, maar die bestuurder het hulle nie uitgelaat nie as gevolg van die reuk.

’n Engelsman het deur die venster vir my gevra, “What smells so bad?” My antwoord was “Sh-t”.

Die mense in beheer van die dorpsake sal hul sokkies moet optrek, ons gaan julle warm maak, dis ’n skande hoe Nau-Eib, Blikkiesdorp en ander dele lyk. Kyk na die kinders se oë by die ashope, dit maak jou hartseer.

OKAHANDJA WORD WAKKER