24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.09.2010

Busbestuurder onverskillig



Rosemarie Swart skryf:
 
ELKE dag lees ons van die aller vreeslikste motorongelukke. Het ek op Vrydagmiddag 6/8/ 2010 net na eenuur ±70 km buite Swakopmund op pad Windhoek toe byna net so iets beleef.

Wat die bestuurder van Intercape gedink het, gaan my verstand te bowe. Hy is verantwoordelik vir soveel menselewens, maar neem hy die kans om twee voertuie verby te gaan sowel as ’n groot vragmotor en dit in ’n draai en sekondes later was daar ’n string voertuie wat van voor gekom het.

Nou wonder ek maar net hoeveel keer nog voordat die noodlot intree. Hoop daar word opgetree teen hierdie bestuurder.