2.09.2010 Billik trots op haar skool
Didi skryf :
EK was nog nooit so trots om ’n leerling van Hoërskool Dr. Lemmer te wees nie soos met Saterdag se wedstryd teen WHS.
Weer eens geluk aan die wenspan, WHS. Dr. Lemmer, in my oë is julle wenners uit en uit! Net soos die skoollied sê: “Die groen, goud en wit sal nimmer beskaam” en skaam was nie een van ons Lemmer-leerlinge en gewese leerlinge nie. Kan ek ’n amen kry?
Dit was met trots wat ek in ’n losie by die veld gesit het en met passie vir die spelers geskreeu het.
Ongeveer 80% van die ondersteuners het agter Dr. Lemmer gestaan, want almal het geweet wat die wedstryd beteken vir Rehoboth.
Dr. Lemmer (leerders en leerlinge), juffrou Mostert, mnre. C. Mostert en D. Abrahams en die spelers, seuns, julle het julle goed gekwyt van jul taak! Maar sjoe, ek moet erken WHS kan speel!
Dit was een goeie wedstryd, goed georganiseer en ek dink ons moet dankie sê vir besighede wat skolesport bystaan – dankie Metropolitan Namibia!
WHS, geluk, maar bewaar tog die beker, want ek glo dat Dr. Lemmer volgende jaar weer kragte sal meet met julle!
|