10.03.2010 Betaal vir sy eie bemarking
Nolla skryf:
EK kan nie verstaan dat daar deur die betrokke partye so voete gesleep word oor die skaapbedryf en grens nie.
Ons lewe in ’n sogenaamde demokratiese land, maar wat my betref, het demokrasie in die skaapbemarking van die land verander in kapitalisme vir die rolspelers wat geld uit die boer bly tap.
Hoekom moet ek as skaapboer N$40 betaal om my produk te bemark, sodat wie die voordeel van die geld kan ontvang?
Gaan die Vleisraad/abattoir die geld gebruik om beter prysse daar te stel, of laat ek dit anders stel, moet ons as boere ons eie beter prys in die slagpale subsideer?
Laat die skaapboere wat afhanklik is van goeie pryse self demokraties besluit of hulle die grens wil oop hê of nie. Immers moet die abattoirs dan hul bestuursbeginsels en prysstrukture aanpas om in ’n opregte vryemarkstelsel hul eie voortbestaan te verseker.
|