2.09.2010 Bejaardes sê baie dankie
Die bestuur en inwoners van Senior Park, Pionierspark skryf:
Hiermee wil ons, die inwoners van Senior Park, Pionierspark, graag ons opregte dank uitspreek vir die vele bydraes wat ons so mildelik van die publiek ontvang.
Sonder u hulp sal ons omstandighede minder gunstig wees.
Wees verseker van ons gebede, want in hierdie fase van ons lewe is dit die enigste manier waarop ons weer kan vergoed.
|