24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

Bejaardes kan nie meer bybly

Nog dankbaar gesonde ouer lid skryf:
 
MET ’n skok kom ek agter dat Prosperity Health ons hospitaalplan se premie met bykans 25% verhoog het!

Die reaksie op my navraag is dat die premies mos elke jaar aangepas word. Ons is reeds oor die ouderdom van 60 jaar. Gaan ons pensioen met 25% op? Is die rente op ons beleggings 25%?

Is die land se inflasiekoers 25%?

Op ons ouderdom kan ons nie meer na ’n ander siekefonds oorskakel nie, as ons dus die siekefonds staak, gaan ons vir die res van ons lewens sonder medies wees. Ons het reeds ’n hospitaalplan verkies om die premie so laag moontlik te hou. Ons betaal kontant vir al ons doktersbesoeke, tande en brille en al ons maandelikse medikasie, want met ’n volledige mediese plan is jou dag tot dag so laag dat dit binne 5 tot 6 maande uitgeput is en ons dan nog steeds die res kontant moet betaal sowel as die hoë maandelikse premie. Nou is ons regtig raadop.

Is daar geen mediese raad waaraan siekefondse moet verslag doen nie? Kan hulle net voortgaan en premies verhoog? Het die koste aan hospitalisasie dan in een jaar met 25% gestyg, want ons het nie ondervind dat ons medikasie of die doktersafsprake met 25% gestyg het nie. Tye is moeilik en almal probeer besnoei, hoe kan ’n siekefonds sy premie sonder meer met 25% lig?

In 2011 was daar baie stakings om salarisverhogings van slegs 8% of 8,5% te beding. As ek ons hospitaalplan se premie saam met slegs ons maandelikse medikasie tel, is dit meer as ons huishuur saam met ons water en kragrekening.

Is daar dalk ander wat ook soos ek voel, dat dit nou vir ons ouer mense bykans onmoontlik geraak het om aan ’n mediese plan te behoort? Is daar antwoorde?

Is daar ’n ander uitweg?


Prosperity Health se afdelingopenbare betrekkinge was genader vir kommentaar, maar geen skriftelike reaksie is tot op hede ontvang. Redakteur