24.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.02.2012

Assuransie wil nie betaal

Soek ’n antwoord skryf:
 
ONWILLIG om te betaal? Ek is D. van Wyk van Windhoek en wil net die volgende met die publiek deel. ’n Paar weke terug is by my kar voor Medi-Clinic ingebreek met die “remote” wat diewe deesdae gebruik. Na lange gesukkel vir ’n saaknommer en afskrif van verklaring by die polisie moes ek by HOLLARD, my assuransie, hoor dat hulle nie kan uitbetaal nie, want daar is niks gebreek nie. (No forced entry). Nou wonder ek waarvoor is hulle daar? Ek dog dit was vir die onvoorsiene, maar nou moet ek agterkom dis om assuransie en diewe te verryk en my, die betaler, te verarm. Kan iemand my dalk antwoord?
REAKSIE: Jaco Lamprecht, Bestuurder van Hollard Insurance skryf:
 
Graag reageer ek as volg op die skrywe van mnr. Van Wyk.

Weens die gebrek aan inligting aan ons verskaf in die bostaande skrywe, was ons nie in staat om die spesifieke eis te ondersoek nie. Ek sal egter graag mnr. Van Wyk aanbeveel om met sy makelaar, of sy naaste Hollard-kantoor in verbinding te tree om duidelikheid rakende sy polisdekking te bekom. Ek wil benadruk dat dit nie ons beleid is om individuele kontrak-spesifieke aangeleenthede in die media te hanteer nie en nooi mnr. Van Wyk verder uit om my persoonlik te kontak indien hy enige navrae rakende die hantering van sy eis het.

Op ’n algemene noot wil ek graag weer eens die publiek attent maak daarop dat sommige voertuie kwesbaar is vir hierdie tegniek waar kriminele die voertuig se afstand beheerde sentrale sluitmeganisme steur deur ’n alternatiewe afstandbeheer (remote) te aktiveer tesame met die niksvermoedende lid van die publiek, wat dan salig onder die indruk verkeer dat sy voertuig gesluit is.

Dit is dus altyd goeie praktyk om seker te maak dat die deure wel gesluit is deur die deur te probeer oopmaak nadat jy die voertuig gesluit het. Wees veral versigtig indien jy persone in die parkeerareas sien ronddraal.

Hierdie praktyke het oor die afgelope jaar baie publikasie ontvang in alle dagblaaie, sowel as algemene kennisgewings en skrywes deur die korttermyn versekeraaars en makelaars. Kliënte is op groot skaal aangeraai om baie versigtig te wees, aangesien korttermyn versekeringspolisse oor die algemeen twee baie spesifieke voorwaardes het as dit kom by die diefstal van artikels uit ’n onbewaakte voertuig uit, naamlik:

1. Die voertuig moet te alle tye gesluit wees en as bewys dat die voertuig gesluit was, moet daar sigbare tekens van inbraak wees; en

2. artikels moet nie openlik sigbaar in die voertuig gelaat word nie, dit moet verkieslik in die kattebakarea van die voertuig toegesluit word waar dit nie duidelik ten toon gestel word ter aansporing vir kriminele om by die voertuig in te breek nie.