10.03.2010 ’n Eensydige verbod
Anoniem skryf:
ALMAL praat oor die skade wat ons rokers aan ons medemens en onsself doen. Ons weet rook is skadelik, maar dis ons manier van ontspanning. Ek sal graag wil weet hoeveel belastinggeld die Regering jaarliks uit tabakverkope invorder?
Wat gaan word van al die mense wat afhanklik is van tabakverkope om aan die lewe te bly as ons almal besluit om rook te los?
Ons moet altyd ‘n bietjie oor ‘n saak dink voor ons besluite neem wat nadelig vir ons medemens is en gaan wees.
|