24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.07.2006

Verpleegstertekort kwel Ministerie

DIE kwellende tekort aan verpleegsters wat die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste in die gesig staar, het hierdie staatsdepartement genoop om die Staatsdienskommissie, die Kantoor van die Eerste Minister en selfs die Kantoor van die Staatspresident te nader vir toestemming om afgetrede verpleegters terug te roep of diegene wat op die rand van aftrede staan, te vra om aan te bly.
Die inligting is deur Minister Richard Kamwi onthul toe hy verlede week 'n kliniek op Omboloka in die Ohangwena-streek amptelik geopen het.
Volgens dr. Kamwi, sal afgetrede verpleegters op 'n eenjaar kontrak teruggeroep word. "Hulle sal hul ervaring met junior verpleegters deel en help om dissipline by die werkplek te handhaaf. Dit is 'n tydelike maatreël terwyl ons studente-verpleegters kwalifiseer. Dit beteken geensins dat hulle die nuwe gegradueerdes sal vervang nie," het dr. Kamwi gesê.
Die Omboloka-nedersetting is in die Okongo-kiesafdeling naby die Namibië/Angola-grens geleë.
Die uitgestrekte gesondheidsdistrik van Okongo het 'n bevolking van meer as 25 000 mense wat deur een distrikhospitaal en vier klinieke asook 45 uitreikpunte bedien word.
"Ek weet dat die gesondheidsgeriewe nie voldoende is nie, maar die Regering het net nie voldoende bronne om in die aanvraag te voorsien nie, maar Omboloka is as prioriteit nommer een beskou," het dr. Kamwi gesê.
Volgens hom volg Namibië 'n primêre gesondheidsorgbenadering waarvolgens gesondheidsdienste beskikbaar, toeganklik en bekostigbaar is en waar gemeenskapsbetrokkenheid bevorder word.
Met al drie distrikhospitale in die Ohangwena-streek wat reeds antiretrovirale middels aan vigspasiënte voorsien, het dr. Kamwi gesê dat die bekamping van MIV/vigs 'n regeringsprioriteit bly.
Hy het die positiewe bydrae deur gemeenskapsorganisasies wat by die bestryding van die MIV/vigspandemie betrokke is, geprys en hulle aangemoedig. "My Ministerie erken die werk wat julle doen en ons sal julle waar moontlik help," het hy gesê.
Hy het lede van die gemeenskap versoek om seker te maak dat hulle almal weer op 18 tot 20 Julie teen polio geïmmuniseer word en om op 22 tot 24 Augustus al die kinders onder die ouderdom van vyf jaar na die immuniseringspunte te neem.
Van die Omboloka-nedersetting het dr. Kamwi na die Oshana-streek gereis waar hy 'n kliniek in die Okaku-kiesafdeling geopen het.