24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.02.2007

Nuwe pad tussen Swakop en Langer Heinrich-myn geopen

VISIOENE van gliplane op die bestaande kusweg en uiteindelik 'n dubbelweg tussen Swakopmund en Walvisbaai het groter gestalte gekry met die amptelike opening van 'n nuwe pad tussen Swakopmund en die uraanmyn Langer Heinrich.
Die Paaieowerheid het die eerste skof voltooi om die angel uit die doodsweë van die sentrale kusgebied te knip met 'n indrukwekkende padbouprogram na Langer Heinrich en 'n nuwe verbindingspad tussen Swakopmund en Walvisbaai oos van die duinegordel en weg van die bestaande kusweg.
Die gesamentlike projek tussen die myngroep en die Paaieowerheid met die Padkontrakteursmaatskappy as bouers dra ook by tot groter kalmte in die voortslepende twis tussen die mynmaatskappye en bewaringsinstansies. Die pad na Langer Heinrich is ook 'n toegangsroete na die Namib Naukluftpark. Die afdraaipaaie na uitkykpunte in die park soos die Maanlandskap is as deel van die mynpadprojek verbeter.
Die nuwe mynpad is teen N$1,93 miljoen gebou, volgens die hoof uitvoerende beampte van die Paaieowerheid, mnr. Erastus Ikela. Hy het Vrydag as spreker opgetree tydens 'n kort plegtigheid op een van vier stofvrye stroke op die nuwe pad. Die stroke bestaan uit 'n teerlaag as seël oor 'n bindlaag en is elders in Namibië as doeltreffend bewys. Die stofvrye stroke kan as verbysteekplekke vir park- en mynverkeer dien.
Padbouers wat die geleentheid bygewoon het, het gesê die woestynpad was maklik om te bou met materiaal wat maklik en feitlik langs die pad beskikbaar is. Die gesamentlike onderneming tussen LHU en die Paaieowerheid gaan waarskynlik voortgesit word om die laaste entjie na die myn ook op te gradeer.
Die hoofbestuurder van Langer Heinrich, mnr. Wyatt Buck, het tydens die opening na die grusame ongelukke van die Desemberseisoen op die kusweë verwys. In die proses het hy LHU tot groter veiligheid op die kuspaaie verbind.
Mnr. Ikela het gesê die Paaieowerheid streef daarna om alle paaie veilig en doeltreffend te maak. In 'n toekomsvisie het hy 'n uiteindelike dubbelweg tussen Swakopmund en Walvisbaai gesien. Voor dit kan glipweë op die bestaande kusweg kom wat as seksies kan dien waar verby gesteek kan word. Die kusweg word nou beveilig waar padskouers tot teenaan die teerpad opgebou word. Die dubbelweg en glipweë is projekte wat nog deur die beskikbaarheid van geld geknel word.
Onmiddellike verligting vir kusverkeer is 'n nuwe regstreekse roete wat agter die duinegordel en oos van die spoorlyn gebou word. Daar word nog net aan die laaste 10 km van dié pad gewerk wat naby Duin 7 en feitlik by die Rooikop lughawe by 'n bestaande teerpad na Walvisbaai sal aansluit.
Mnr. Ikela het gesê die ryvlak op die alternatiewe roete agter die duine sal tot die van 'n goeie soutpad opgebou word.