24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

13.04.2007

Nuwe lykhuis in Oshakati geopen

'n OPGEKNAPTE en vergrote polisielykhuis vir die Ohangwena-, Oshana-, Omusati- en dele van die Oshikoto-streek, is verlede week deur die Adjunkminister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Gabes Shihepo, amptelik geopen.
Die lykhuis wat by die streekhoofkwartier van die polisie in Oshakati geleë is, beskik nou oor vier teatertafels in stede van die twee wat daar was voor die opknappingswerk begin is.
Die gebou, wat met lugversorging toegerus is, het nou die fasiliteite om 74 lyke te akkommodeer, 'n rekordkamer, ses lykverkoelers met 'n kapasiteit van drie lyke elk, en twee ekstra vrieskaste wat buite die lykhuis staan en wat altesame ses ontbinde lyke kan hou.
"Ontbinde lyke kan weens die reuk en ander ongerief nie binne die lykhuis gehou word nie," het hoofinspekteur Rauha Amwele van die polisie op Oshakati, gesê.
Die nuwe lykhuis beskik ook oor 'n geslote afleweringsgebied vir lykhuisvoertuie, vier kantore, 'n ontvangskamer en 'n wagarea vir die publiek, nuwe identifikasiekamer, 'n kragopwekker en 'n reserwe watertenk.
Twee geneeshere is permanent aan die lykhuis toegedeel en hulle word deur vyf personeellede bygestaan.
Die ou gebou met 'n bergingsvermoë van 50 lyke is ook opgeknap en sal gebruik word wanneer die behoefte ontstaan.
Die opknapping en vergroting van die lykhuis het sowat N$2,2 miljoen beloop.