24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.04.2005

'n Deur is geopen

Hoofartikel

DIT raak soms nodig om 'n tree terug te gee sodat die vlamme van 'n vuur die mens nie van die gerusstellende gloed van die kole verdryf nie.
Die internasionale geestelike wêreld word die afgelope dae oorheers deur die dood van pous Johannes Paulus II en dit sal om verstaanbare redes nog maande die pas vir die kerklike agenda aangee.
Terselfdertyd is die eerste trillings van 'n geestelike aardbewing ook op die Namibiese landskap geregistreer wat eweneens nie geïgnoreer behoort te word nie.
Dit is dalk nie vir alle Namibiërs ewe belangrik nie en vir ander dalk so vanselfsprekend dat dit nie 'n tweede gedagte werd is nie, maar dit is uiters insiggewend dat die President van Namibië, mnr. Hifikepunye Pohamba, op Ondibo 'n beroep op kerkleiers doen om die tradisie van Sondagskole te laat herleef en dat hy byvoorbeeld die Anglikaanse kerk uitsonder vir wat die versameling van gelowiges reeds vir Namibië gedoen het.
As dit nie genoeg is om sommige mense te oortuig van die Christelike waardes van mnr. Pohamba nie, behoort dit hulle te oortuig van 'n groter geestelike verdraagsaamheid as waaraan hulle vanuit dieselfde hoë gesagstruktuur gewoond geraak het.
Die Pohamba-boodskap op Odibo staan in skrille kontras met kerke wat onlangs nog vanuit die hoogste gesag verdag gemaak is as vreemdelinge en uitbuiters wat hul goed moet pak en weens hul vreemde ideologieë nie in Namibië welkom is nie.
Dit is wêrelde verwyder van die soms vyandige, maar altyd onverdraagsame houding wat politieke leiers onlangs nog in die openbaar teenoor godsdiens en kerke gedemonstreer het.
Mnr. Pohamba het in 'n bitter kort tyd nie korrupsie uitgeroei of landsadministrasie dramaties verbeter nie, maar hy het reeds 'n navolgenswaardige geestelike manmoedigheid aan die dag gelê wat nie as 'n geringe baken beskou kan word nie.
Mnr. Pohamba kan sekerlik meer as net steun vir sy versoeke oor Sondagskole verwag.
Die President behoort tog te kan aanvaar dat die geestelike deur wat hy op 'n skreef oopgemaak het, die vloedsluise sal word waardeur kerklike betrokkenheid sigbaar en hoorbaar in die betrokke gemeenskap oop sal gaan.
Kerke het onlangs geskitter in hul stilswye toe die gemeenskap die teiken van striemende aanvalle vanuit die leierskap was.
Dit sal tragies wees as die kerke ook skitter in hul stilswye oor die geestelike uitdaging wat mnr. Pohamba op Odibo gerig het.
Die Bybel self is die tydlose handleiding dat dade harder as woorde spreek!