24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.09.2006

MVK op Lüderitz

DIE Maatskaplike Voorsorgkommissie (MVK) het verlede week 'n mylpaal bereik toe die Minister van Arbeid en Maatskaplike Welsyn, mnr. Alpheus !Naruseb, die MVK se kantoor op Lüderitz geopen het.
Die opening van die kantoor hou volgens die voorsitter van die MVK, dr. Sackey Akweenda, 'n groot voordeel in aangesien kliënte in die verlede lang afstande na die naaste MVK-kantoor moes aflê.
Die primêre verantwoordelikheid van die MVK is om die fonds professioneel te bestuur, om voordele uit te betaal en om surplus geld in ooreenstemming met die Wet op Maatskaplike Veiligheid van 1994 te belê.
"Die kommissie streef daarna om die organisasie in 'n model instansie te omskep wat as 'n voorbeeld vir ander organisasies kan dien," het dr. Akweenda gesê.
Pogings om die kommissie meer toeganklik vir kliënte te maak, het reeds tot die daarstelling van kantore op Oshakati, Walvisbaai, Keetmanshoop, Otjiwarongo en Rundu gelei.
Die kommissie het ook 'n permanente verteenwoordiging op Grootfontein en Katima Mulilo gevestig.
"Dié kantore is 'n bewys van die kommissie se toewyding om sy dienste op 'n kostedoeltreffende wyse na die uithoeke van die land uit te brei," sê dr. Akweenda.
Die kantoor op Lüderitz het reeds in 2003 sy deure geopen. Sedertdien is 'n loodsprojek vanuit dié kantoor bestuur met dienste soos registrasie van werkgewers en werknemers, ontvangs van eise en kliëntediens. Volgens dr. Akweenda was die resultaat van dié loodsprojek 'n aanmoediging om die dienste vir lede in dié streek verder uit te brei.
"Die doel van die desentralisasieproses is om dienste nader aan die kliënte te bring, om die verwerkingstyd van registrasie en eise tot die minimum te beperk terwyl gehalte diens en gehalte produkte gelewer word. Die MVK is druk besig om te verseker dat hy vir alle werkers in Namibië toeganklik is."
Die uitbreiding van dienste sluit ook die bekendstelling van die Nasionale Pensioenfonds en die Ontwikkelingsfonds in, wat volgens dr. Akweenda 'n wye reeks voordele vir lede en hul afhanklikes sal inhou. Die kommissie is op die oomblik besig om die aanbevelings van die drieledige taakspan oor die Nasionale Pensioenfonds te hersien alvorens dit geïmplementeer sal word.
Dr. Akweenda sê die kommissie is ook van voorneme om sy eie kantore te begin bou of om 'n strategiese ooreenkoms met ander sakevennote hieroor aan te gaan.
Tussen Maart en Julie vanjaar het die MVK meer as N$23 miljoen se voordele uitbetaal.
Ten opsigte van doodseise het dr. Akweenda daarop gewys dat die MVK die enigste organisasie is wat die eise nog op dieselfde dag verwerk en uitbetaal terwyl eise by streekkantore binne 48 uur afgehandel word.
"Die hoeveelheid eise en die geldwaarde van voordele wat aan lede uitbetaal word, weerspieël die bydrae van die MVK tot die Namibiese ekonomie asook sy bydrae tot die Regering se beleid om die sosio-ekonomiese behoeftes van Namibiërs aan te spreek," sê dr. Akweenda.