24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

14.04.2005

Finland help met nuwe biblioteek

OPENBARE biblioteek is in Greenwell Matongo, Katutura geopen as deel van 'n poging om die leeskultuur onder die inwoners van dié woonbuurt te bevorder.
Die Greenwell Matongo Gemeenskapsbiblioteek, wat reeds sowat 1 000 boeke op sy rakke het, is gesamentlike projek van die Windhoek munisipaliteit, die stads-raad van die Finse stad Vantaa en die Ministerie van Onderwys. Die boeke en drie rekenaars is deur die Ministerie van Onderwys geskenk. Die gebou is gesamentlik deur die burgemeester van Windhoek, raadslid Mattheus Shikongo en die adjunkburgemeester van Vantaa, mnr. Aulis Pitkälä, geopen.
Buiten die bevordering van 'n leeskultuur onder die gemeenskap sal die biblioteek ook toegang tot inligting verskaf deur die daarstelling van afdeling waar leerlinge, studente en die publiek kan studeer en navorsing kan doen.
Die biblioteek kan ook gebruik word om inligting te versprei oor onder meer kwessies soos vigs en onkunde wat die gemeenskap negatief raak.
Mnr. Shikongo het beklemtoon dat die biblioteek produk is van die samewerkingsooreenkoms tussen Windhoek en Vantaa. Die ooreenkoms is ingevolge die samewerkingsprogram tussen die plaaslike owerhede van Noord-Suid-lande gesluit.
Mnr. Pitkälä het op sy beurt die samewerking tussen Vantaa en Windhoek sedert 1998 geskets en onder meer na die "kultuur in die buurt projek" verwys. Dit het in die jaar 2001 ten einde geloop, is later genasionaliseer en het die direkte verantwoordelikheid van die Ministerie van Onderwys geword.
Volgens hom het die stad van Vantaa weer met 'n ander voorstel vir 'n verdere samewerkingspro-gram tussen die plaaslike owerhede van die twee Noord-Suid-lande in die jaar 2002 vorendag gekom. Uitruilbesoeke tussen Windhoek en Vantaa het plaasgevind wat tot gesamentlike projekplan vanaf 2002 tot 2004 gelei het.
Volgens die plan moet Finland se buitelandse ministerie 80 persent van al die koste van die program betaal terwyl die stad van Vantaa die ander 20 persent sal betaal. Die stad van Windhoek sal vir die dienste betaal.
Die permanente sekretaris van Onderwys, me. Loini Katoma, het die versekering aan die twee burgemeesters gegee dat die Ministerie alles in sy vermoë gaan doen om na die fasiliteit om te sien. Twee personeellede is aangewys om die biblioteek te bestuur.
Volgens haar is die biblioteek van die uiterse belang vir die inwoners aan die westelike buitewyke van Windhoek. Baie van die inwoners, veral leerlinge van Katutura en Khomasdal, kan nie bekostig om na die biblioteek in die middestad te gaan nie en dus ondersteun die Ministerie die projek.
Sy het gesê dat die biblioteek twee keer per jaar boeke van die Ministerie sal ontvang terwyl die gemeenskapslede deur die biblioteek se leendiens bedien gaan word.
"Die biblioteek is vir die inwoners van Katutura opgerig om hul lewensgehalte te verhoog en hul potensiaal te verwesenlik deur lewenslange leer en lees. Jul toekoms is afhanklik van die ontwikkeling van jul vaardighede en kennis en die biblioteek is hier om aan julle inligting te verskaf om julle in staat te stel om dit te doen," het me. Katoma gesê.