24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.09.2005

Babamoorde in Noorde

DIE Namibiese polisie in Ondangwa het twee moorddossiere geopen nadat die liggame van twee pasgebore babas verlede Woensdag by twee verskillende nedersettings ontdek is.
Een voorval het reeds tot 'n inhegtenisname gelei. 'n Vrou van 26 het na bewering op 6 Augustus by die Ofudheni-nedersetting geboorte gegee, haar kind in 'n plastieksak gesit en op haar erf begrawe. Die baba se lykie is Woensdagmiddag ontdek.
Bouers by die Ohali-nedersetting in die Okaku-gebied het 'n nog grusamer ontdekking gemaak toe hulle Woensdag water gaan trek het om stene te lê. Die emmer wat hulle ingetrek het, het wurms en 'n baba-armpie bevat. Die ondersoek duur voort.
Die polisie ondersoek ook twee voorvalle van vermeende roekelose en nalatige bestuur.
Mnr. Rudolf Kheib (42) het Woensdag in die Windhoek Sentrale Hospitaal beswyk aan beserings wat hy op 27 Augustus opgedoen het toe die motor wat hy bestuur het op 'n bergpas tussen Kamanjab en Palmwag gerol het. Die voertuig se remme het na bewering ingegee. 'n Passasier van 37 is lig beseer in dieselfde ongeluk.
Drank het klaarblyklik ook 'n rol gespeel toe 'n 21-jarige man Woensdag kort voor middernag in Oshakati beseer is toe hy in 'n sakeonderneming ingejaag het.
Hoofinsp. Hieronymous Goraseb van die polisie se skakelafdeling het Vrydag 'n beroep op motorbestuurders gedoen om verkeerswette en -regulasies nougeset te eerbiedig. Dié versoek volg nadat boetes ter waarde van net meer as N$15 000 verlede na-week by padblokkades op die pad tussen Outapi en Oshakati uitgeskryf is.
Sewentien bestuurders is weens oorbelading beboet. Dié skuldiges moet in totaal N$5 100 opdok.
Een en dertig bestuurders is gesamentlik met N$9 300 beboet omdat hulle nie hul bestuurderslisensie by hulle gehad het nie.
Mnr. Matheus Kavela (21) se lyk is Woensdag deur sy suster in die Goreangabdam aangetref. 'n Ondersoekdossier is geopen om die oorsaak van sy dood vas te stel.