24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Zille kom leer van drankregulasies

© Henriette Lamprecht
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, saam met (van links na regs) mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme; die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris, me. Yvette L.M Myakayaka-Manzini, en Namibië se Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob.

“ONS is hier om by julle te leer.”

Die Wes-Kaapse premier, me. Helen Zille, het gister tydens ’n blitsbesoek aan Windhoek met verskeie mense in die Namibiese drankbedryf vergader om uit te vind hoe drankregulasies plaaslik suksesvol toegepas word.

Volgens Zille is alkoholmisbruik en verwante sosiale en maatskaplike euwels ’n groot kopseer in die Wes-Kaap.

“Die oplossing en beste praktyke om die probleem te ondervang, lê op ons voorstoep en daarom is ons hier om meer van julle te leer.”
© Henriette Lamprecht
Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille (regs), saam met Fanuel Quill van Distell Namibia by die Barclays-sjebeen in Katutura. Zille en ’n span afgevaardigdes het verskeie mense in die Namibiese drankbedryf besoek.
Zille het voorts gesê die Wes- Kaapse regering is voortdurend op soek na idees en strategieë wat die streek se sosiale euwels daadwerklik kan oplos.

“Ons is van mening dat die mense met wie ons in die Khomasstreek gaan gesels, waardevolle bydraes en kennis op hierdie gebied kan oordra.”

Sy het voorts verwys na die ooreenkomste in die sosiale omstandighede tussen die Khomasstreek en die Wes-Kaap.

“Die Khomasstreek is huidig besig met die implementering van ’n drankreguleringsmodel wat weer deur ons regering as ’n potensieel geskikte benadering vir ons alkoholverwante uitdagings beskou word.”

Zille en haar afvaardiging het onder meer besoek by die goewerneur van die Khomasstreek, mnr. Samuel Nuuyoma, die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob en die Forum vir ’n Selfregulerende Drankbedryf (SAIF) afgelê.

Die Wes-Kaapse premier se vrae het veral gefokus op regulering van sjebeens, die toepassing en uitvoering van verwante wette asook struikelblokke wat die drankbedryf in Namibië ervaar en oorkom het.

Die Wes-Kaapse afvaardiging het ook besoek by sjebeens in Katutura en Khomasdal afgelê.

Hier het sy samesprekings gevoer en gedagtes met drankhandelaars en agentskappe verantwoordelik vir drankbeheer, beleidvorming en wetstoepassing gewissel.

Zille, wat jare gelede ’n politieke joernalis in Windhoek was, het aan die plaaslike media gesê sy is verheug dat die hoofstad na al die jare steeds sy unieke karakter behou het.