24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.11.2009

Ya Nangoloh wil hof toe


Mnr. Phil ya Nangoloh
DIE direkteur van die Nasionale Vereniging van Mensregte in Namibië (NSHR), mnr. Phil ya Nangoloh, oorweeg ’n dringende hofinterdik om die besluit van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) wat die vereniging se waarnemerstatus onttrek het, tersyde te stel.

Hy het die week in Windhoek op ’n mediakonferensie gesê dat hy ’n regsmening gaan inwin om die proses van stapel te stuur voor die presidents- en nasionale verkiesing Vrydag en Saterdag. Twee verkiesingswaarnemers van SADC was ook op die mediakonferensie teenwoordig.

Die ECN het in skriftelike kennisgewing die NSHR se waarnemerstatus onttrek met die beskuldiging dat die vereniging “leuens versprei” oor die kiesersrol asook die kommissie se geloofwaardigheid internasionaal in twyfel trek.

Mnr. Nangoloh het die onttrekking van NSHR se waarnemerstatus as onwettig en ongeldig verklaar en die brief weggegooi wat die ECN se mededeling bevat. Hy sê die verbod is onwettig.

Hy het aangevoer dat dit nie net ’n onregverdig en onredelike stap was nie, maar ’n doelbewuste poging van die ECN is om te verseker dat die verkiesingsproses nie deursigtig sal wees nie.

Hy het volgehou dat die NSHR niks gedoen het wat beskou kan word as ’n oortreding van die voorwaardes van die akkreditasie of die kode wat die waarnemers reguleer nie. Hy het verder gesê die sogenaamde onttrekking van die NSHR aan die waarneming van die verkiesings is teenproduktief en verhoed hulle nie om voort te gaan met hul energieke monitoraksies van die proses nie.

Volgens hom het die NSHR die verkiesingsproses sedert die einde van 2007 gemonitor en het hulle verskeie verslae in die verband uitgereik. Ondanks dit, soos getoon word deur die inhoud van die lêer wat hulle op 19 November vanjaar uitgereik het wat nie deur die ECN as onbetroubaar beskou word nie, het die NSHR die vermoë om die ECN van binne en van buite te monitor.

“Die NSHR het mense in die strukture van die ECN. Hoe anders sou ons vertroulike dokumente van die ECN gekry het?” wou hy weet.

Hy het beweer dat me. Hilma Nangolo wat by ECN se datasentrum werksaam is onder wat hy noem ’n bewind van terrorisme, op 20 November vanjaar op ’n onbeleefde manier oor haar familiebande met hom ondervra was.

Mnr. Nangoloh het verder beklemtoon dat hy dokumentêre bewys het dat die voorlopige kiesersrol en finale kiesersregister uiterste ongerymdhede en andere fatale gebrekkighede en onsinnige insluitings en uitsluitings bevat.

Dit is glo bewys dat ten minste 100 kiesers twee keer geregistreer is en in sommige gevalle drie keer. Tien kiesers is na die sluiting van die registrasietydperk op 30 September onwettig en onder valse voorwendsels geregistreer.

Meer as 130 minderjariges is deur die ECN geregistreer terwyl ten minste tien oorledenes as wettige kiesers geregistreer staan.