Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


7 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.07.2009

Windhoek se begroting N$1,8 miljard

DIE geldelike probleme van die Windhoekse stadsraad het nie ontstaan met die begin van die wêreld ekonomiese resessie nie.

Die stadsraad het in die begroting van 2008/2009 ’n groot tekort ondervind wat nie deur die huidige wêreldresessie veroorsaak is nie, het die UDF se verteenwoordiger in die stadsraad, raadslid Werner Claassen, in Dinsdagaand se begrotingsdebat van die munisipaliteit gesê.

Hy het aangedring op groter duidelikheid oor wat die invloed van die wêreld se ekonomiese resessie is, asook op deursigtigheid en openlikheid van die begrotingsproses.

Mnr. Claassen het gesê in die belang van deursigtigheid en aanspreeklikheid moet die departemente van die munisipaliteit verklaar wat hulle met hul geldtoekennings wil doen en wat hulle met die vorige begrotingstoekennings gedoen het. Die beraamde inkomste en uitgawes vir die boekjaar 2009/2010 wat N$1,8 miljard beloop, is eenparig goedgekeur.

Die DTA-raadslid in die stadsraad, me. Ilme Schneider, het op haar beurt wysigings aan die begrotingsprosedure gevra en beklemtoon dat in die toekoms die stadsraad voor die goedkeuring en die toepassing van die begroting eers die koste van die projekte waarvoor begroot word, moet hoor.

Die geskatte koste van ’n projek moet voor die goedkeuring van sodanige projek voorgelê word. Oor die tema van Windhoek se begroting, “Hanteer die storm op plaaslike vlak,” wat glo strook met die doelwitte van die sentrale regering is, wou hy weet: “Waarom subsidieer die Regering nie die munisipaliteit nie?”

Hy het opgemerk dat as al die ministers hul munisipale diensrekeninge betaal, sal die stad in staat kan wees om die finansiële storms doeltreffend te verwerk.

Die verteenwoordiger van die Republikeinse Party (RP), mnr. Nico Smith, wou weet hoe die stadsraad tenders kan goedkeur voor die raad se begroting goedgekeur is.

“Ons plaas bloot ’n rubberstempel op sake wat deur die amptenare goedgekeur word,” het hy opgemerk. Mnr. Gerson H. Kamatuka (Swapo) het die begroting as gebalanseerd onder die huidige ekonomiese klimaat bestempel.

“Dit was ’n deelnemende begroting wat deur vele raadplegende prosesse gegaan het, waarin nie net individuele raadslede betrokke was nie, maar ook die raadslede van die Khomasstreeksraad.”

Hy het gesê in die toekoms moet openbare raadpleging met inwoners van die stad oor die begroting van die stadsraad gehou word. “Aanstaande jaar moet inwoners ten volle deelneem aan die begrotingsdebat,” het hy gesê.

Hy het belowe dat die munisipaliteit se dienslewering sal voortgaan om te verbeter. Die raadslid het beklemtoon dat openbare busdienste nie uitgekontrakteer gaan word nie, maar in die hande van die munisipaliteit sal bly en dat selfs die huidige begroting voorsiening maak vir die aankoop van nuwe busse.

Hy het ook gesê kragverskaffing aan die stad bly die verantwoordelikheid van die munisipaliteit en sal nie soos in ander streke uitkontrakteer word nie.