24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.09.2009

Winde van verandering waai, sê Kaura

© Placido Hilukilwa
DTA-ondersteuners reageer op die musiek nadat die hoofspreker van die dag, mnr. Katuutire Kaura, sy toespraak gelewer het.

DIE tyd vir verandering het uiteindelik aangebreek. Die winde van verandering waai onkeerbaar regoor Namibië, het mnr. Katuutire Kaura, president van die DTA, Sondag gesê toe hy sy party se massavergadering op Oshakati toegespreek het.

Hy het DTA-planne vir Namibië uiteengesit en sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat Namibië sowat 20 jaar na onafhanklikwording, vir alle praktiese doeleindes steeds in twee verdeel is.

“Die Rooilyn moet na die Namibië- Angola-grens verskuif word,” het mnr. Kaura gesê. Die huidige situasie waar veeboerdery suid van die Rooilyn floreer, maar noord van die Rooilyn stagneer, mag nie toegelaat word om voort te duur nie.

“Ministers en senior staatsamptenare koop plase suide van die Rooilyn waar hulle goeie pryse vir hul vee kan kry. ‘n Bees suid van die Rooilyn kan vir N$7 000 tot N$10 000 verkoop word, maar hier in die Noorde kry ‘n boer slegs ‘n gemiddeld van N$1 500 per bees en N$300 per bok, terwyl ‘n bok in die Suide N$1 000 kan haal. Swapoleiers gee nie om nie, hulle sorg net vir hulleself,” het mnr. Kaura gesê.

Volgens mnr. Kaura het tradisionele leiers ‘n belangrike rol om te speel in die handhawing van reg en orde en die bevordering van tradisionele norme, maar die staat moet na hulle omsien.

Hy het ook gepraat oor buitelandse handelaars, meestal Chinese, wat Namibië nie slegs as ‘n stortingsterrein vir waardelose items beskou nie, maar ook sakegeleenthede voor die neuse van inheemse handelaars wegraap.

Die DTA se sekretaris- generaal, mnr. McHenry Venaani, het gesê Namibiërs het al alles gesien wat Swapo kon bied.

“Vryheid is die afgelope negentien jaar omvergewerp, nepotisme is aan die orde van die dag, die staatskoffers word genadeloos geplunder, maar niemand is tot dusver tronk toe gestuur omdat hy of sy miljoene Namibiese dollar gesteel het nie,” het hy gesê.

Hy het verwys na die ironie dat die Swapo-regering nie geld het om pensioengeld te verhoog nie, maar “daar is altyd geld om te steel”.

Hy is ontevrede oor die Regering se toegewings aan oorlogsveterane en Plan-nasate.

“Dit is hoog tyd dat alle Namibiërs dieselfde behandel word,” het hy gesê.

Mnr. Agatus Antanga, DTA se jeugleier in die Oshana-streek, het die vergaderinggangers ingelig dat “die partye wat onlangs gestig is” meer deur toorn aangedryf word. Volgens hom het hulle nie werklik ‘n plan vir ‘n beter toekoms vir Namibië nie.

Hy het almal versoek om as kiesers te registreer om in November te kan stem.

Hy het die jeug aangemoedig om nie net die DTA-boodskap van huis tot huis te dra nie, maar om ook SMS-boodskappe aan vriende en familielede te stuur.

“Stuur ‘Vote DTA’ en verduidelik hoe elke stem ‘n verskil kan maak,” was sy versoek.