24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.09.2009

Wet op politieke gedrag nodig

‘n POLITIEKE gedragskode wat wetlik afdwingbaar is vir alle politieke partye moet aanvaar word om die euwel van politieke onverdraagsaamheid in die kiem te smoor.

Terselfdertyd moet die Verkiesingskommissie (ECN) se bande met die Regering geknip word om vrye en regverdige verkiesings in die land te bevorder.

Dié boodskappe is met die viering van Internasionale Demokrasiedag in die Parlementstuine deur sprekers tot die Regering gerig. Die leier van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Ben Ulenga, het daarop gewys dat politieke onverdraagsaamheid sy kop in Namibië uitgesteek het en dat dit ‘n “dodelike siekte” is wat mense, families, gemeenskappe, openbare instellings en regerings vernietig.

“Politieke ongeduld is aan die orde van die dag en dit boesem vrees onder die kiesers in. Sodra vrees teenwoordig is, kan werklike vrede nie gehandhaaf word nie,” het mnr. Ulenga gesê.

Volgens hom is dit veral Swapo-leiers wat hulle skuldig maak aan politieke onverdraagsaamheid met haatspraak en uitsprake teenoor opposisielede.

“Dit is hierdie leiers wat intimidasie, geweldpleging en onverdraagsaamheid predik wat sê ’moenie vir hulle water gee nie’, diegene wat politieke partye verbied om op sommige plekke te kom en wat sommer bome toe-eien vir politieke partye. Dit is hulle wat die vyande van demokrasie in ons land is.”

Mnr. Ulenga sê hierdie vyande van demokrasie moet gestuit word voordat hulle alles vernietig wat met die vryheidstryd bereik is.

“Die enigste manier om politieke onverdraagsaamheid uit die weg te ruim, is om ‘n streng gedragskode vir alle politieke partye te aanvaar wat wetlik afdwingbaar sal wees.

“Sodoende kan die skuldige elemente verbied word om aan demokratiese partye te behoort en haatspraak kan gekriminaliseer word.”

Die leier van die Republikeinse Party, mnr. Henk Mudge, het sy besorgdheid uitgespreek oor die onafhanklikheid van die Verkiesingskommissie. Hy sê die ECN moet alle bande met die Regering verbreek ten einde werklik onafhanklik te kan optree.

Die direkteur van die Regshulpdiens (LAC), mnr. Norman Tjombe, het gesê vryheid van uiting is ‘n belangrike element vir demokrasie aangesien dit individue toelaat om hul menings oor probleme in die land te lug.

Hy sê ontwikkeling kan net plaasvind indien inwoners hul wetmakers van hul besorgdhede bewus maak.

“Om vrede te handhaaf, is dit nodig dat die gemeenskap opgevoed word om geduld met diversiteit te hê, in watter vorm ook al. Eise vir eenvormigheid kan nie in ‘n demokratiese bestel toegelaat word nie,” het mnr. Tjombe gesê.